Ons het die voorreg gehad om op pad na die Kaap by Paddabult oor te slaap. Die enigste negatiewe aspek was dat ons net vir een aand bespreek het! As ons geweet het hoe oulik dit daar is sou ons sekerlik vir ‘n week bespreek het. Die ligging is perfek om die area te verken terwyl jy daar oorslaap. Die Huisies is pragtig en voorsien in al jou behoeftes indien nie meer nie. Ons het ‘n baie vriendelike ontvangs gehad en het ons tydjie vreeslik geniet. Dis privaat en jy sien of hoor nie eers die bure nie. Die mooiste natuurskoon en sonsondergang met die berge en suurlemoenboord wat die prentjie afrond. Bitter baie dankie vir ‘n baie oulike plekkie. Ons sien julle gou weer.

What do our Guests Say?